Hoekom het jy Wiskunde nodig?

Daar word so baie gepraat van die belangrikheid van goeie slaagsyfers in Wiskunde, maar dit blyk dat min mense verstaan HOEKOM Wiskunde nodig is. As ‘n persoon wat aktief betrokke is by die onderrig van wiskunde, hoor ek hierdie vraag gereeld. ‘n Kind sal byvoorbeeld sê hy of sy wil ‘n dokter word, en wil weet waarom hulle Algebra, Meetkunde en Trigonometrie daarvoor nodig het.

Die antwoord?

Dit is eintlik heel eenvoudig: Die verskil tussen ‘n goeie dokter en ‘n uitstekende dokter lê in die dokter se vermoë om navorsing te doen, analities te dink voor diagnoses gemaak word, onder druk te kan werk, en vinnig te kan dink. Wiskunde is die enigste leerarea wat al hierdie (en nog baie ander) vaardighede kweek. Dus, dit gaan nie noodwendig eendag in die professionele lewe oor Algebra, Meetkunde of Trigonometrie nie, maar oor die vaardighede wat aangeleer is toe dit op skool onder die knie gekry is. Dieselfde vir al die ander Wiskundige tegnieke wat baasgeraak moet word.

Voorbeelde?

Ons gaan hier ‘n hele reeks artikels publiseer soos die tyd aanstap, van spesifieke beroepe, of voorbeelde uit die professionele lewe, waar Wiskunde-vaardighede ‘n belangrike rol speel. Ons mag dalk per geleentheid uitwys hoe dit nie noodwendig eers net die vaardighede is nie, maar sommer suiwer Wiskunde wat nodig is.

 

2 thoughts on “Hoekom het jy Wiskunde nodig?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *